Skip to content

Aartsbiskop Makgoba sê die verrotting in die land se strafregstelsel moet uitgeroei word

# Die aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba, sê die finale verslag van die Madlanga-ondersoekkommissie moet deur sterk en dapper aksie opgevolg word om die verrotting in die land se strafregstelsel uit te wis. President Cyril Ramaphosa het die kommissie se voorlopige verslag in Desember verlede jaar ontvang, wat prima facie-bewyse van misdadigheid geïdentifiseer het. Die kommissie het aanbeveel sommige gevalle moet strafregtelik ondersoek word. Makgoba sê die uitdagings wat in die finale verslag vervat is, sal vereis dat Ramaphosa van die belangrikste besluite in sy presidentskap moet neem.