# Sokker: Leeds het vir die eerste keer in 39 jaar die halfeindstryd van die FA-beker gehaal na hulle ‘n dramatiese strafdoelskietery oorleef het. Dit het gebeur na hulle ‘n voorsprong van twee doele teen West Ham verspeel het. Daniel Farke se span was oomblikke weg van ‘n oorwinning in die Londen-stadium na Ao Tanaka se doel in die eerste helfte en Dominic Calvert-Lewis se strafdoel in die tweede helfte hulle in beheer geplaas het. Met die telling op twee elk na bykomende tyd het Leeds egter met 4-2 met strafdoele gewen. Hulle kom nou op die naweek van 25-26 April teen Chelsea op Wembley te staan.
Sokker: Leeds haal halfeindstryd van FA-beker vir eerste keer in 39 jaar