Nuus 13:00
BULLETIN 16 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die GOOD-party sê Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel gaan onweerlegbaar wees
# ‘n Soektog is aan die gang na agt moordenaars na ‘n bloedbad in Eldoradopark
# En rugby: Die Blitsbok-afrigter is trots op die span se sege in New York
# Die GOOD-party sê Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel voor die Internasionale Geregshof is gegrond op bewyse wat onweerlegbaar gaan wees. Die party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Israel is geregtig om sy antwoord in te dien oor die beskuldiging dat hy volksmoord pleeg teen die mense van Palestina en veral in Gaza, wat tans deur ongeveer 18 ander lande ondersteun word.
Israel sê intussen die Rafah-kruising na Egipte sal Woensdag in albei rigtings heropen vir beperkte beweging van mense, maar nie vir goedere nie. Die besluit volg ná ‘n veiligheids-evaluering en ‘n hersiening van die voorwaardes wat vereis word om bedrywighede te hervat, terwyl beperkings gehandhaaf sal word weens voortdurende bedreigings in die gebied. Die kruising is Gaza se hoof-toegangspunt na die buitewêreld. Die deurgang vir inwoners van Gaza sal met Egipte gekoördineer word, met vooraf-veiligheidsgoedkeuring van Israel en onder toesig van die Europese Unie.
Terug in Suid-Afrika:
# Die Gautengse polisie soek na agt verdagtes na ‘n skietvoorval in Eldoradopark waarin twee mense dood en ses gewond is. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê ‘n groep mans het na bewering Saterdagaand ‘n erf binnegegaan waar ‘n sosiale byeenkoms gehou is en lukraak begin skiet. Sy sê die verdagtes het te voet gevlug, en die motief vir die skietery is in hierdie stadium onbekend:
# Rugby: Springbok-sewesafrigter Philip Snyman is uiters trots op sy span se weiering om moed op te gee. Die Blitsbokke het Fidji 10-7 verslaan om die Amerikaanse toernooi in New York te wen en die Wêreldsewesreeks-titel te beklink. Snyman het hulle geprys vir hul bereidwilligheid om nuwe spelers te aanvaar om spandiepte te bou. Hy sê daar is nog baie op die spel in die drie oorblywende toernooie van die Wêreldkampioenskap:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-85-sent teen die dollar, 19-rand-29-sent teen die euro en 22-rand-33-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 73-duisend-225-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-986-dollar-41-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 101-dollar-99-sent per vat.
# En ten slotte: President Cyril Ramaphosa sê die regering het daaraan gewerk om alle burgers se waardigheid te herstel in die afgelope drie dekades sedert Suid-Afrika se Grondwet aangeneem is. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief vanuit al die waardes in die Grondwet is een van die belangrikste die bevordering van menswaardigheid, wat in alle omstandighede beskerm moet word. Hy voeg by menswaardigheid beteken ook mense moet betrokke wees by besluite wat hul lewens raak en hul land vorm.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….