Skip to content

VF Plus sê Suid-Afrika se herlewing moet met 2026 se plaaslike verkiesing begin

# Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrika se hervorming van ‘n welsynstaat na ‘n voorspoedige staat moet met volgende jaar se plaaslike verkiesing begin. Die party sê die meeste munisipaliteite stort in duie, met slegs 20-persent wat skoon oudits ontvang en 64 wat reeds wanfunksioneer en ekonomiese groei onmoontlik maak. Jaco Mulder van die VF Plus waarsku dat mislukte dienste soos water, elektrisiteit, vullisverwydering en paaie sakeondernemings wegdryf en beleggings belemmer.