# ActionSA in Gauteng sê die DA se mosie van wantroue in premier Panayaza Lesufi het net die ANC versterk. Die mosie het Vrydag in die provinsiale wetgewer misluk. ActionSA sê die DA se mosie was nie uit beginsel nie, maar aangedryf deur onbestendigheid, opportunisme en ʼn begeerte om hulle rol in die premier se vordering te herskryf. Hy sê hulle sal Lesufi sonder drama behoorlik, wettig en deurgaans aanspreeklik hou.