Skip to content

Rusland peper Kiëf met hommeltuie en missiele, vier dood, talle beseer

# Rusland het vanoggend ‘n reusehommeltuig- en missielaanval op Kiëf uitgevoer waarin vier mense dood en tientalle beseer is by energie-aanlegte, woonstelgeboue en infrastruktuur. President Volodymyr Zelensky sê Russiese magte het 430 hommeltuie en 18 missiele afgevuur, wat dit een van die ergste aanvalle tot dusver op die hoofstad maak. Die Lugmag sê die meeste van die tuie is afgeskiet, maar vallende brokstukke en brande het woonstelgeboue, ‘n skool, ‘n mediese inrigting en administratiewe geboue beskadig in nege distrikte van die stad met sy drie-miljoen-inwoners.