Skip to content

Krieket: SA se kolforde stort in duie in eerste toets teen Indië

# Krieket: Suid-Afrika se kolforde het in duie gestort op die eerste dag van die eerste toets teen Indië op Eden Gardens in Kolkata en hulle is vir ‘n skrale 159 uitgeboul. Die Proteas het die loot gewen en verkies om te kolf, en was op 57 sonder verlies voor Jasprit Bumrah met sy verwoestende aanval begin het. Hy het eers die aanvangskolwers Aiden Markram en Ryan Rickelton pawiljoen toe gestuur het en toe geëindig met uitstekende syfers van vyf vir 27. Markram se 31 was die hoogste telling.