# Rugby: Italië se hoofafrigter, Gonzalo Quesada, het sy span grootliks onveranderd gelaat vir môre se toets teen Suid-Afrika in Turyn, na verlede naweek se oorwinning oor Australië. Stut Marco Riccioni vervang Simone Ferrari wat terug is op die bank. Italië se enigste vorige oorwinning uit 18 kragmetings teen Suid-Afrika was in 2016. Ferrari is een van twee spelers in die huidige groep wat deel was van die sege in Florence, saam met losskakel Tommy Allan wat ook onder die plaasvervangers is. Afskop is môremiddag om 14:40.