# Tennis: Die wêreld-nommer-nege, Lorenzo Musetti, het besluit om ook nie vir die tweemalige verdedigende kampioen, Italië, te speel in die Davisbeker-eindtoernooi wat Dinsdag in Bologna in sy geboorteland begin nie. Dit volg op ‘n soortgelyke besluit van die land se beste speler, Jannik Sinner. Musetti is gister deur die wêreld-nommer-een, Carlos Alcaraz van Spanje, uit die ATP-jaareindtoernooi geskakel. Hy sê hy het onttrek omdat hy nie 100-persent fiks is nie en sy lewensmaat binne die volgende paar dae geboorte sal skenk aan hul tweede kind.
Tennis: Musetti onttrek ook aan Italië se Davisbekerspan