# Die Stad Tshwane het sy opregte waardering uitgespreek vir die mediese personeel by die Jubilee-hospitaal en die distrik se vinnige optrede om gevalle van ingewandskoors te bestuur. Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes is daar tussen Januarie en Oktober vanjaar reg oor Suid-Afrika 147 gevalle deur laboratoriums bevestig. Van hierdie nasionale gevalle was 48 in Tshwane, hoofsaaklik in Hammanskraal en Bronkhorstspruit. Die metro sê tot dusver is geen Salmonella typhi-bakterieë in enige munisipale of tenkwa-water opgespoor nie.
Tshwane is dankbaar oor mediese personeel se vinnige optrede wat ingewandskoors betref