# Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, het bevestig dat sy vertroulike intelligensie ontvang het oor pogings om die Nasionale Vervolgingsgesag te infiltreer. Batohi het voor die parlementêre ad hoc-komitee getuig dat sy die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, en president Cyril Ramaphosa ingelig het nadat sy deur ‘n intelligensie-agentskap gewaarsku is. Sy het beklemtoon dat die meeste aanklaers toegewy is aan die oppergesag van die reg, maar sê ‘n aanklaer wat verdink word, is hangende ‘n ondersoek geskors:
Batohi bevestig poging om die NVG te infiltreer [KLANK]
ENG-BatohiOnInfiltration