# ‘n Ontploffing het die lewens van minstens 12 mense geëis buite ‘n hofgebou in die Pakistanse hoofstad, Islamabad. Verskeie mense is beseer. Die polisie sê die ontploffing was naby die ingang na die distrikshof, waar talle mense normaalweg saamdrom. Niemand het nog aanspreeklikheid aanvaar nie. Die ontploffing het gevolg slegs ure nadat veiligheidsmagte aangekondig het hulle het verlede nag ‘n aanval deur gewapende krygers op ‘n kadet-kollege gefnuik in Wana, naby die grens met Afganistan.
Ontploffing buite hof in Islamabad, Pakistan, eis minstens 12 lewens