# Rugby: Die Springbok-slot Lood de Jager verskyn vandag voor ‘n dissiplinêre paneel na sy omstrede permanente rooikaart teen Frankryk verlede naweek. Hy is net voor rustyd afgestuur nadat sy skouer die Franse heelagter Thomas Ramos se kop getref het, maar die Bokke het steeds ‘n oortuigende oorwinning van 32-17 behaal. Sommige kenners meen dit moes ‘n 20-minuut rooikaart gewees het, want Ramos het gesak net voor De Jager hom getref het. Skeidsregter Angus Gardner is uiteindelik deur sy hulpskeidsregters oortuig om De Jager permanent af te stuur.
Rugby: De Jager moet vandag verduidelik na sy rooikaart teen Frankryk