Skip to content

Motorsport: Ferrari-voorsitter sê Hamilton en Leclerc moet minder praat en meer op bestuur fokus

# Motorsport: Ferrari se voorsitter, John Elkann, is teleurgesteld oor die span se vertoning in die Sao Paulo Grand Prix in Brasilië en sê Lewis Hamilton en Charles Leclerc moet minder praat en op hul bestuur fokus. Albei jaers was Sondag in botsings en kon nie die wedren voltooi nie. Die Scuderia is in ‘n taai stryd met Mercedes en Red Bull gewikkel vir die tweede plek in die vervaardigerskampioenskap, met nog drie wedrenne oor. Elkann sê die motor het ongetwyfeld verbeter, maar ander dinge is nie op standaard nie.