# Die DA vra die Nasionale Vervolgingsgesag om streng op te tree teen ses gewese uitvoerende hoofde van die Passasierspooragentskap wat betrek word by onregmatige kontrakte van 2,8-miljard-rand wat tussen 2010 en 2019 aangegaan is. Volgens ʼn verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid het hierdie persone kontrakte gesluit sonder om die regte verkrygingsprosesse te volg. Dit sluit sekerheids-ooreenkomste van 1,6-miljard-rand in. Chris Hunsinger van die DA sê die NVG moet beslissend optree om aanspreeklikheid te verseker:
DA vra NVG om op te tree teen Prasa-hoofde wat by twyfelagtige kontrakte betrek word [KLANK]
AFR ChrisonPRASA