# Die Siriese president, Ahmed al-Sharaa, het in Amerika aangekom waar hy sy ampsgenoot, Donald Trump, in die Withuis sal ontmoet vir die eerste besoek deur ‘n Siriese staatshoof sedert onafhanklikheid in 1946. Al-Sharaa het in Januarie die tussentydse president geword nadat rebellemagte onder sy beheer die vorige maand die dekades-lange bewind van oudpresident Bashar al-Assad omvergewerp het. Die hooffokus van die vergadering sal na verwagting wees om Sirië formeel by die Amerikaans-geleide koalisie teen die Islamitiese Staat-groep te laat aansluit.
Siriese president al-Sharaa kom in VSA aan vir belangrike besoek aan Withuis