Skip to content

Rugby: Springbokke vergroot voorsprong bo-aan wêreldranglys

# Rugby: Suid-Afrika bly bo-aan die wêreldranglys na Saterdag se oorwinning van 32-17 oor Frankryk in Parys. Die Springbokke se voorsprong oor Nieu-Seeland het tot 1,71 punte gestyg. Ierland en Engeland is steeds in die derde en vierde plekke na oorwinnings oor onderskeidelik Japan en Fidji, en Frankryk is steeds vyfde. Die top ses spanne sal na die Herfsnasiesreeks in groep een wees vir die loting vir 2027 se Wêreldbekertoernooi op 3 Desember, met die sewende tot 12de spanne in groep twee.