# COSATU doen ‘n beroep op die regering om ‘n sterk Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring ter tafel te lê om ‘n progressiewe verskuiwing aan te dui, weg van die verwoestende besparingsbesnoeiings wat openbare en munisipale dienste erg verswak het. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sal Woensdag die Mediumtermyn-begroting in die Parlement ter tafel lê. COSATU se woordvoerder, Matthew Parks, sê die begroting moet reageer op die samelewing se ernstige foute van swak ekonomiese groei, ‘n stygende werkloosheidsyfer van 42,9-persent, korrupsie en diepgewortelde vlakke van armoede: