# Eskom sê die kragstelsel werk steeds betroubaar en demonstreer die positiewe uitwerking van die opwekkingsherstelplan. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokoena, sê die energiebeskikbaarheidsfaktor, wat die persentasie tyd meet wat die opwekkingsvloot beskikbaar is om elektrisiteit op te wek, staan op 71,50-persent vir die maand tot nou. Sy sê dit is 7,46-persent hoër as die 64,04-persent verlede jaar, met ‘n syfer van 63,29-persent vir die jaar tot op hede. Sy sê hierdie syfers toon herstel en volgehoue verbetering in prestasie, wat energiesekerheid en netwerkbestendigheid versterk: