# Rugby: Ondersteuners kan hierdie naweek uitsien na ‘n fees van internasionale rugby. Ierland pak Japan vanmiddag in Dublin, gevolg deur Skotland en die All Blacks in Edinburg. Engeland speel dan teen Fidji op Twickenham en Italië verwelkom die Wallabies in Udine. Net na tien vanaand kan die Springbokke ‘n besonder vyandige ontvangs verwag by die Stade de France in Parys in hul eerste ontmoeting teen Frankryk sedert hulle die gashere in die 2023 se Wêreldbeker-toernooi uitgeskakel het. Môre sal Wallis en Argentinië in Cardiff mekaar die stryd aansê.
Rugby: Fees van internasionale rugby die naweek