# Die Israeliese Weermag het swaar lugaanvalle op die suide van Libanon uitgevoer na ontruimingsbevele vir verskeie plekke en sê die Libanese gewapende groep Hezbollah probeer sy militêre vermoëns daar herbou. Dit het gevolg ondanks ‘n wapenstilstandooreenkoms ‘n jaar gelede tussen Israel en die Irans-gesteunde Hizbollah. Vrese in Libanon neem toe dat Israel volskaalse lugaanvalle kan hervat, veral na waarskuwings van Israelse leiers dat hulle teen Hizbollah sal optree indien Libanon nie pogings verskerp om die groep te ontwapen nie.
Israel voer swaar lugaanvalle uit op suid-Libanon