Skip to content

Tennis: Musetti steeds op koers vir deelname aan ATP-jaareindtoernooi

# Tennis: Die Italianer Lorenzo Musetti kan steeds sy plek verseker in die ATP-jaareindtoernooi, wat Sondag in Turyn in sy geboorteland begin. Hy het die Fransman Alexandre Muller in die kwarteindronde van die Hellenic-toernooi in Athene, Griekeland, geklop en kom nou teen die Amerikaner Sebastian Korda te staan. Musetti moet die toernooi wen om vir die jaareindtoernooi te kwalifiseer en te keer dat die Kanadees Felix Augur-Aliassime die laaste plek kry. Die top-gekeurde Novak Djokovic van Serwië en die Duitse kwalifiseerder Yannick Hanfmann pak mekaar in die ander halfeindstryd.