Skip to content

Tesla se aandeelhouers keur rekord-vergoedingspakket goed vir uitvoerende hoof Elon Musk

# Aandeelhouers van die elektriese motor-vervaardiger Tesla het ʼn rekord-vergoedingspakket van meer as 17-duisend-miljard-rand goedgekeur vir uitvoerende hoof Elon Musk. Dis die grootste korporatiewe vergoeding in die geskiedenis. Meer as 75-persent van aandeelhouers het ten gunste van die ongekende pakket gestem. Dit sal bestaan uit 12 dele aandele en kan Musk beheer gee oor 25-persent van Tesla indien hy sekere mylpale behaal. Dit sluit in dat die maatskappy se mark-kapitalisering oor die volgende dekade uitbrei.