# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, die adjunk-minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sihle Zikalala en Jozi My Jozi, onderteken vandag ‘n gedenkwaardige dokument vir die vernuwing van die omgewing van die Hooggeregshof in Johannesburg. Die woordvoerder van die departement, Terrence Manase, sê die mylpaalooreenkoms gaan sake aanpak soos geboue-onderhoud, veiligheid en stadsomgewing-uitdagings wat ‘n invloed het op mense wat die hof gebruik, regspraktisyns en die omliggende gemeenskappe: