# Die Foundation for Education and Social Justice Africa het Operasie Dudula se planne om volgende week skole te besoek en ongedokumenteerde leerders te identifiseer, veroordeel. Dit volg na die Hooggeregshof in Johannesburg se onlangse uitspraak wat die groep verbied om te keer dat buitelanders toegang kry tot staatsfasiliteite soos hospitale. Dudula sê egter die uitspraak sluit nie skole in nie. ʼn Woordvoerder van die stigting, Hendrick Makaneta, sê skole is leersentrums wat deur almal gerespekteer moet word: