Skip to content

Lugrederye kanselleer honderde vlugte weens Amerikaanse inkorting van vlugte

# Die lugrederye Delta, Southwest en United Airlines is onder dié wat vandag as voorsorgmaatreël sommige vlugte in Amerika gekanselleer het ter nakoming van die Federale Lugvaartadministrasie se riglyne. Die administrasie het opdrag gegee dat vlugbedrywighede by 40 groot lughawens vandag met vier-persent afgeskaal word weens die regering se afsluiting, wat tot personeeltekorte by lugverkeerbeheer gelei het. Die afskaling sal môre tot vyf-persent en Sondag tot ses-persent verhoog voor dit volgende week tot tien-persent sal styg.