# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka en vyfde gekeurde Jessica Pegula van Amerika is deur na die halfeindronde van die WTA-jaareindtoernooi in Riaad, Saoedi-Arabië. Sabalenka van Belarus het die Amerikaner, Coco Gauff, geklop om eerste te eindig in die Stefanie Graf-groep. Gauff moet Sabalenka in skoon stelle wen om haar titel te verdedig. Pegula het Jasmine Paolini wat reeds uitgeskakel is, met 6-2, 6-3 geklop. Sabalenka en die Amerikaner, Amanda Anisimova, meet vandag kragte terwyl Pegula en Elena Rybakina van Kasakstan sake uitspook.
Tennis: Sabalenka en Pegula bespreek hul plek in die WTA-jaareindtoernooi se halfeindronde