# Sokker: Suid-Afrika en Katar se tweede wedstryd in die Onder-17-wêreldbeker in Doha het met een elk gelykop geëindig. Yazan Mohamed het die gashere laat voorloop. Die speler van die wedstryd, Emile Witbooi, het die gelykmaker in die 16de minuut aangeteken om Suid-Afrika se vordering na die uitkloprondes moontlik te hou. Amajimbos is nou met vier punte tweede in Groep A ná hul oorwinning teen Bolivia. Drie spanne het hul plek in die uitkloprondes verseker: Argentinië, Italië en Portugal.
Sokker: Suid-Afrika en Katar speel gelykop in Onder 17-Wêreldbekertoernooi