# Krieket: Quinton de Kock het Suid-Afrika met ‘n honderdtal gelei na ‘n oorwinning met agt paaltjies oor Pakistan in die tweede eendagwedstryd in Faisalabad om die reeks gelykop te maak. Nandré Burger het vier paaltjies geneem en Pakistan is beperk tot 269 vir nege. Lhuan-dré Pretorius en De Kock het daarna ‘n aanvangsvennootskap van 98 lopies gedeel, gevolg deur De Kock en Tony de Zorzi se tweedepaaltjie-vennootskap van 153 lopies. Suid-Afrika het die teiken bereik met 59 balle oor. Die laaste eendagwedstryd is môre.
Krieket: Quinton de Kock lei die Proteas na ‘n oorwinning in die tweede eendagwedstryd teen Pakistan