Skip to content

Louvre-museum se sekerheidsprobleme sal jare neem om reg te stel, bevind staatsouditeur

# ‘n Sekerheidsoudit is ‘n dekade gelede by die Louvre-museum in Frankryk begin, maar die opgraderings sal eers in 2032 voltooi wees. Die staatsouditeur sê in ‘n verslag, wat voor die waaghalsige rooftog verlede maand saamgestel is, slegs 39-persent van die museum se lokale het teen 2024 kameras gehad. Die rooftog waartydens vier rowers helder oor dag met juwele ter waarde van miljoene weggekom het, het twyfel laat ontstaan ​​oor die geloofwaardigheid van die wêreld se gewildste museum. Ondersoekbeamptes het wel vier verdagtes vir betrokkenheid by die rooftog aangekla, maar die juwele is nog nie teruggevind nie.