# Rugby: Saterdagaand se toets tussen die Springbokke en Frankryk in Parys bring groot mylpale vir kaptein Siya Kolisi en hoofafrigter Rassie Erasmus. Kolisi sal Suid-Afrika in sy 100ste toets aanvoer en word die negende Sprinbok om die mylpaal te bereik, terwyl Erasmus vir die 50ste keer as afrigter in beheer sal wees. Daar is ses veranderinge aan die span wat Japan verlede naweek met 61-7 geklop het. Heelagter Damian Willemse keer terug na ‘n besering. Cheslin Kolbe en Kurt-Lee Arendse is die vleuels met Sacha Feinberg-Mngomezulu en Cobus Reinach die skakelpaar.
Rugby: Groot mylpale vir Kolisi, Erasmus in Saterdag se toets teen Frankryk