# Mexiko se president, Claudi Sheinbaum, het ‘n man verkla nadat hy haar na bewering geteister en betas het tydens ‘n openbare optrede. Die man het Dinsdag deur ‘n skare gebars wat haar in Mexikostad ingewag het, en haar vermoedelik betas en probeer om haar te soen. Die polisie sê ‘n voorlopige ondersoek verbind die man met die beweerde teistering van twee ander vroue dieselfde dag. Sheinbaum, die land se eerste vroue-president, sê sy moes regstappe doen omdat geen man die reg het om ‘n vrou so te behandel nie.