# Die Afrika Diaspora Forum in Suid-Afrika sê ‘n dringende migrante-indaba is nodig. Dis nodig om samewerkingstrategieë te vind om migrasie te bestuur, integrasie te versterk en die druk op openbare hulpbronne te verlig. Migrasie in Suid-Afrika is ‘n ingewikkelde wetlike saak wat insluit assielsoekers, vlugtelinge, visahouers, permanente inwoners en genaturaliseerde burgers. Die sekretaris van die Afrika Diaspora Forum, Bongani Mkwananzi, sê migrante is nie net bevoordeeldes van die beleid nie, hulle moet ook vennote wees om oplossings te vind: