# Die vakbond Nehawu en die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente het ‘n ooreenkoms bereik na ‘n dooiepunt van sewe maande oor betalings. Die ooreenkoms sluit in ‘n salarisaanpassing van sewe-persent vir alle werknemers in die NSFAS-onderhandelingseenheid en ‘n verhoging van 83,3-persent in behuisingstoelae. Die woordvoerder van Nehawu, Lwazi Nkolonzi, sê die partye het ook ooreengekom om verdere gesprekke oor sake soos vervroegde aftrede en die tweeledige werkbeleid te voer: