# Die EFF in die Noord-Kaap sê hy veroordeel die gebrek aan deursigtigheid by die bedanking van die LUR van Gesondheid, Maruping Lekwene. Dit volg na wat berig word op ‘n ondersoek van die Ombudsman van Gesondheid wat bevind het sy departement is vir twee sterftes verantwoordelik. Premier Zamani Saul het die LUR van Landbou, Mase Manopole, as die waarnemende LUR van Gesondheid aangestel. Die EFF sê die gebrek aan deursigtigheid rondom Lekwene se bedanking is ‘n openlike bewys van disrespek vir wetgewende oorsig en verantwoordelikheid. Die Departement van Gesondheid is volgens die party te noodsaaklik om in onsekerheid gelaat te word.
EFF in Noord-Kaap veroordeel gebrek aan deursigtigheid by bedanking van LUR van Gesondheid