# Tennis: Die 24-jarige Amerikaner, Amanda Anisimova, is die eerste keer ooit deur na die halfeindronde van die WTA-jaareindtoernooi in Riaad. Sy het die Pool, Iga Swiatek, in ʼn bepalende wedstryd verslaan. Elena Rybakina van Kazakstan het skoonskip gemaak in die Serena Williams-groep toe sy die Rus Ekaterina Alexandrova geklop het wat ʼn plaasvervanger was vir die Amerikaner Madison Keys. Aryna Sabalenka van Belarus speel vandag teen die Amerikaner Coco Gauff vir ʼn plek in die halfeindronde.
Tennis: Anisimova en Rybakina haal WTA-jaareindtoernooi se halfeindronde en Swiatek word uitgeskakel