# President Donald Trump sê die regeringsafsluiting was ‘n groot negatiewe faktor vir die Republikeine in Dinsdag se verkiesingsuitslae. Die demokratiese sosialis Zohran Mamdani het die burgemeestersverkiesing in New York Stad gewen, terwyl die Demokrate Abigail Spanberger en Mikie Sherrill hul onderskeie goewerneursverkiesings in Virginia en New Jersey gewen het. Die verkiesing is gesien as die eerste groot toets vir Trump se tweede presidentskap. In ‘n toespraak aan die Republikeine in die Senaat by die Withuis het Trump gesê hulle het baie uit die verkiesingsuitslae geleer.
Trump sê die regeringsafsluiting is die rede vir die Demokrate se groot oorwinnings