Skip to content

VF Plus sê die Bedingingsraad se salarisbesluit voorspel ‘n finansiële ramp vir Tshwane [KLANK]

# Die Vryheidsfront Plus sê die jongste uitspraak van die Bedingingsraad vir Plaaslike Regering oor salarisverhogings vir werknemers van die Stad Tshwane kan ‘n finansiële ramp van byna twee- miljard- rand vir die metro beteken. Die raad het bevestig dat hy loonverhogings aanvaar het van 3,5-persent terugwerkend van 1 Julie 2023 tot 30 Junie 2024, wat die laaste jaar is van die driejaar-kollektiewe ooreenkoms. Grandi Theunissen van die VF Plus sê die besluit is deur politieke oorwegings beïnvloed in plaas van die finansiële realiteit:

AFR GrandionSalaryDecision