# Sokker: Bayern Munich is boaan die Kampioene-liga se punteleer nadat hy die verdedigende kampioene, Paris St-Germain, met 2-1 verslaan het en nou spog met vier oorwinnings in vier wedstryde. Arsenal is ook onoorwonne in die liga-stadium van die kompetisie na hul 3-0 sege teen Slavia Prague. Alexis Mac Allister se doel het aan Liverpool ʼn 1-0 oorwinning oor die 15-malige wenners, Real Madrid, besorg. Tottenham Hotspur het Copenhagen met 4-0 verpletter terwyl Juventus en Sporting CP se wedstryd met een-elk gelykop geëindig het. Atletico Madrid en Monaco het ook koning gekraai.
Sokker: Bayern Munich en Arsenal skitter in Kampioene-liga