# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, is steeds op koers vir ‘n plek in die halfeindronde van die WTA-jaareindtoernooi in Riaad. Sy het die Amerikaner Jessica Pegula in drie stelle verslaan, maar moes in skoon stelle wen om uit die Steffi Graf-groep te kwalifiseer. Die verdedigende kampioen, Coco Gauff van Amerika, kan nog die uitklopronde haal na haar sege oor die Italianer Jasmine Paolini, wat uitgeskakel is. Sabalenka sê sy is vol vertroue dat sy die halfeindronde sal haal:
Tennis: Sabalenka op pad na halfeindronde van WTA-jaareindtoernooi [KLANK]
ENG SabalenkaOnTarget