Skip to content

George Bush bring hulde aan Dick Cheney en beskryf hom as ‘n ordentlike, eerbare man

# Oudpresident George W. Bush van Amerika het hulde gebring aan die voormalige visepresident Dick Cheney. Die 84-jarige, wat onder Bush gedien het, is oorlede weens komplikasies van longontsteking en hart- en vaskulêre siektes. Cheney was ‘n sentrale figuur in die 2003-inval in Irak deur die VSA en geallieerde magte. Bush sê die geskiedenis sal hom onthou as een van die beste staatsamptenare van sy tyd, ‘n patriot met integriteit, hoë intelligensie en doelgerigte erns in elke posisie wat hy beklee het.