# Krieket: Pakistan het Suid-Afrika se mans in Faisalabiad met twee paaltjies verslaan in die eerste eendagwedstryd. Quinton de Kock het die meeste lopies aangeteken met 63 van 71 balle, terwyl die nuweling Lhuan-dré Pretorius 57 lopies aangeteken het. Die Proteas is in hulle laaste boulbeurt vir 263 uitgeboul. Naseem Shah en Abrar Ahmed het elk drie paaltjies geneem. Salman Agha het daarna 62 lopies aangeteken en die gashere het die teiken bereik met twee balle oor. Die tweede wedstryd word môre op dieselfde veld gespeel.
Krieket: Pakistan klop Suid-Afrika met twee paaltjies in die eerste eendagwedstryd