# Die adjunkminister van Polisie, Polly Boshielo het teleurstelling uitgespreek oor die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde en sê die besluit is nie genoegsaam gekonsulteer of gekoördineer nie. Sy het tydens die parlementêre ad hoc-komitee se sitting oor infiltrasie in die strafregstelsel gesê sy glo adjunkministers moes betrokke gewees het. Sy sê sy het die werksverhouding met die taakspan as doeltreffend en samewerkend beskou, en was verbaas oor die skielike ontbinding van die eenheid:
Boshielo teleurgesteld oor ontbinding van taakspan vir politieke moorde [KLANK]
ENG-BoshieloOnMchunu