Skip to content

Tennis: Sabalenka en Kyrgios in die nuutste “Stryd van die Geslagte”-vertoonwedstryd

# Tennis: Die wêreld se beste vrouespeler, Aryna Sabalenka van Belarus, gaan volgende maand in die Verenigde Arabiese Emirate in ‘n vertoonwedstryd teen die Australiër Nick Kyrgios speel in die vierde sogenaamde “Stryd van die geslagte”. Die Amerikaner Bobby Riggs het die Australiër Margaret Court in 1973 geklop, waarna sy landgenoot, Billie Jean King, hom ‘n paar maande later oorrompel het. In 1992 het die Amerikaner Jimmy Connors met Martina Navratilova afgereken. Kyrgios sê hy het geweldige respek vir Sabalenka, maar het nog nooit vir ‘n uitdaging teruggestaan nie.