# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is reg bewys nadat onthullings in die Parlement se ad hoc-komitee bevestig het albei adjunk-ministers van Polisie het sedert Junie verlede jaar geen amptelike pligte gehad nie, maar elkeen verdien steeds meer as 2,2-miljoen-rand per jaar. Die vakbond het die 300-miljoen-rand veroordeel wat jaarliks aan 43 adjunkministers bestee word, en noem dit ‘n misbruik van staatsfondse. Hy vra president Cyril Ramaphosa om hierdie oorbodige rolle af te skaf en fondse na noodsaaklike dienste soos gesondheid, onderwys en wetstoepassing te herlei.
Staatsdiensvakbond kritiseer verkwistende besteding op ledige adjunkministers