Skip to content

Tennis: Elena Rybakina deur na halfeindronde van WTA-eindtoernooi

# Tennis: Elena Rybakina van Kazakhstan het vir die eerste keer na die halfeindronde van die WTA-eindtoernooi in Riyadh deurgedring. Sy het die tweede gekeurde Iga Swiatek van Pole afgeransel vir ‘n voorsprong van 2-0 op die toernooi wat die jaar afsluit. Rybakina se plek onder die laaste vier is bevestig met die Amerikaner Amanda Anisimova se oorwinning oor haar landgenoot Madison Keys. Rybakina kom in haar laaste uitspeelronde teen Keys te staan, terwyl Swiatek en Anisimova sake sal uitspook in die laaste groepwedstryd.