Skip to content

Werker wat onder ineengestorte toring in Rome vasgekeer was, sterf

# ʼn Man wat gister ure lank onder ʼn ineengestorte Middeleeuse toring in Rome vasgekeer was, is dood. Die Roemeense burger, Octay Stroici, wat byna 12 ure lank onder puin vasgekeer was nadat ʼn deel van die 13de eeuse Torre dei Conti naby die Kolosseum ingestort het, is in die hospitaal dood. Volgens nooddienste is een werker in ʼn bedenklike toestand in die hospitaal opgeneem terwyl drie ander nie beseer is nie. Die aanklaer in Rome se kantoor ondersoek die voorval.