# Die IVP het sy volle ondersteuning aan en vertroue in die KwaZulu-Natalse regering van provinsiale eenheid onder leierskap van premier Thami Ntuli bevestig. Dit volg na berigte van spanning tussen die party en die ANC wat die provinsiale koalisieregering saam met die DA en die NFP vorm. Die NFP het onlangs aangekondig hy onttrek sy steun aan die provinsiale koalisieregering. Die IVP sê daar is geen krisis nie en voeg by hy sal voortgaan om op opbouende wyse met alle koalisievennote saam te werk om die langtermyn-lewensvatbaarheid van die koalisieregering te verseker.
IVP sê koalisieregering in KwaZulu-Natal bly bestendig