# Ekurhuleni se waarnemende burgemeester, Jongizizwe Dlabathi, sê die wetteloosheid in Reigerpark is voortslepend en buite beheer. Dit volg nadat ses mense die naweek in ʼn verbyry-skietery in die gebied dood is. Dlabathi het die slagoffers se gesinne gister besoek. Die motief vir die aanval is onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Hy sê daar is ʼn dringende behoefte aan ʼn omvattende strategie om bendebedrywighede, dwelmmisbruik en georganiseerde misdaad te bekamp:
Waarnemende Ekurhuleni-burgemeester Jongizizwe Dlabathi sê misdaad in Reigerpark is buite beheer [KLANK]
ENG DlabathiOnSafety