# Die GOOD-party in die Wes-Kaap sê dringende optrede is nodig in Khayelitsha se SST-seksie, waar verbrokkelende rioolinfrastruktuur veroorsaak dat huise ineenstort. Ten minste agt sinkgate het verskyn, wat ernstige gesondheids- en veiligheidsrisiko’s skep en gesinne dwing om hulle huise te verlaat. Die party doen ‘n beroep op die Stad Kaapstad om tydelike behuising vir ontheemde inwoners te verskaf. Roscoe Palm van GOOD eis dringende optrede om inwoners se veiligheid te waarborg: